Is die boonste helfde van jou lyf groter as die onderste helfde?
Het jy medium tot groot borste, groot bo-arms, breë rug en maag-areas en amper geen boude nie?
As jy gewig optel, is dit meestal om jou middel- en bolyf?
Hierdie is almal kenmerke van die appelfiguur. Vroue met hierdie figuurtipe het gewoonlik baie mooi bene. Hul probleemarea is hul middellyf.
Bekendes met 'n appelfiguur:
Oprah Winfrey, Cathrine Zeta-Jones, Drew Barrymore & Kate Winslet
Môre bespreek ons die goue reëls vir die appelfiguur.
No comments:
Post a Comment