Dienste

Samestelling van styl-/modeblaaie vir tydskrifte of bymekaar sit van idee-borde vir 'n spesiale geleentheid | werk met sperdatum
Behels die uitkies van items vir styl-/modeblaaie volgens 'n brief. 'n Foto, beskrywing, prys en winkel waar jy dit kan koop word van elke item verskaf. Die klient bespreek die geleentheid met my - beplande kleurskema, waarvan sy hou (en nie hou nie) en ek sit 'n idee-bord bymekaar. Die idee-bord kan dan gebruik word as jy diensverskaffers vir die geleentheid brief sodat almal met dieselfde plan/visie werk en presies weet wat jy wil he. Idee-borde is ook 'n goeie hulpmiddel as jy lysies wil maak van als wat jy moet doen en koop voor die geleentheid.

Uitkies en samestelling van klere & bykomstighede vir 'n fotosessie | werk met sperdatum
Word bepaal deur die kliënt (privaat of tydskrif) se brief vir 'n spesiale fotosessie.


Kleurkonstultasie | 30min
Saam kyk ons na kleure om te bepaal watter die beste vir jou werk. Hierdie kleure sal jou natuurlike palet komplimenteer en laat jonger lyk. Dis belangrik om te weet watter kleure om te vermy ook. Daarna kyk ons na hoe jy jou kleure kan kombineer en hoe jy die beste grimeer- en juweelkleure kies.
*Kleurpalet ingesluit

Figuurkonsultasie | 30min
Hierdie sessie behels die analise van jou spesifieke figuurtipe. Ons kyk ook saam na jou probleemareas en identifiseer style & snitte wat jou figuur vlei en die areas verbloem waaroor jy selfbewus voel. Toegerus met hierdie riglyne kan jy met selfvertroue aantrek vir elke okkasie.
*Riglyne vir style wat by jou figuur pas, jou mates & groottes ingesluit

Klerekaskonsultasie | 90min
Ons ontmoet by jou huis en kyk saam na jou klerekas en leefstyl. Nadat ons jou klerekasbehoeftes bepaal het, identifiseer ons jou styltipe en kombineer dit met jou beste kleure en snitte soos bepaal in die kleur- en figuurkonsultasies. Verder meer kyk ons na hoe jy jou persoonlikheid in jou kleredrag (klere, skoene & bykomstighede) kan uitleef, stel 'n inkopielys saam en gee riglyne van winkels wat jy kan besoek.
*Kleurpalet, riglyne vir style wat by jou figuur pas, jou mates & groottes, jou styltipe notas en inkopielys ingesluit

Inkopies saam met Prentjiemooi | 2-3 ure
Vooraf doen ons 'n klerekaskonsultasie of ontmoet om jou behoeftes & begroting te bespreek. Met die lysie wat ons in die klerekaskonsultasie/ontmoeting saamgestel het, kry ons mekaar by 'n sentrale winkelsentrum. Saam kies ons kledingstukke & bykomstighede wat by jou styl- en figuurtipe pas in die kleure wat jou komplimenteer.
*Jy betaal self vir jou inkopies en is ook verantwoordelik vir enige omruiling of terugneem van items

Prentjiemooi-inkopiediens | Die tyd sal afhang van die getal items & beskikbaarheid daarvan
Vir hierdie diens is dit baie belangrik dat ons vooraf ontmoet sodat ek 'n vinnige oorsig van jou leefstyl, die items wat jy soek en begroting kan kry. Ons doen ook 'n basiese styltipe-, kleur- & figuurkonsultasie wat ek as gids sal gebruik wanneer ek inkopies doen. Sodra ek al die items gekoop het, ontmoet ons by jou huis of sentrale punt vir 'n aanpassessie.
*Ek betaal vir die inkopies en hanteer ook enige omruiling of terugneem van items. Jy betaal net vir die items wat jy besluit om te neem

Dienste beskikbaar in die Kaap en omliggende omgewing. 
Pryse op aanvraag.