Tuesday

Tyd vir 'n trui

Skielik is dit koud en nat en beslis tyd om 'n trui te dra (of te gaan koop indien jy nog nie het nie). Kies 'n styl waarin jy gemaklik voel. As jy vinnig warm kry of benoud voel, bly maar weg van polonek- en rolnek-truie. Pas ook altyd die trui aan en maak seker die wol voel sag teen jou vel en laat jou nie jeuk nie. Onthou om die wasinstruksies sodat jou trui sy vorm behou en langer mooi bly.


Friday

mal oor Marsala

Die Pantone kleur van die jaar is die mooie Marsala.

Binnekort sal hierdie kleur sal te sien wees op lippe, oe, naels, skoene, klere, mure, materiale en op meubelstukke. Daar is ook ‘n element van rykheid wat my opgewonde maak oor Marsala. Dink ook aan verskillende teksture en skakerings. Dadelik kom edelgesteentes, groot korrel rooidruiwe, wyn en speserye by my op … 

Die moontlikhede is baie, so speel rond met hierdie opwindende kleur in 2015.

Prentjiemooi via Polyvore

Tuesday

modegier: sneakers

Die sneaker/stylized tennis shoe modegier is hier! Ja, jy het reg gehoor – dis okay om tekkies en jeans te dra ;) , maar nie op die 90’s-manier nie. Gaan loer gerus by sportskoenwinkels in. Jy sal verbaas wees oor die verskeidenheid en detail wat beskikbaar is.

Hierdie modegier is goeie nuus vir vroue wat hou van gemaklik maar tog interessante skoene. Ek dink tog dis een waaroor jy mal gaan wees of nie. Of dalk bloot ‘n bonus as jy net opsoek is na ‘n mooi paar gymskoene.

Indien jy wel besluit om hierdie gier te volg is die belangrikste dat jy jou paar sneakers reg kies (en dan reg dra). Daar is nie baie reëls nie – jy kan jou nuwe paar sneakers dra saam met ‘n rokkie, jeans, ‘n kortbroek, eenstuk of romp. As ek hierdie modegier moet opsom is daar basies een van 2 maniere om dit vir jou te laat werk: jy kan jou sneakers met jou uitrusting koördineer of glad nie. Vir eersgenoemde sal jy byvoorbeeld ‘n geel toppie of horlosie dra by jou sneakers wat ‘n geel strepie in het. Vir die ander opsie sal jou sneaker die fokus-item wees. As jy na jouself in die spieël kyk, is die sneaker amper die eerste ding wat jy sien. Die sneaker pas ook in meeste gevalle glad nie by die kleure of tema van jou uitrusting nie.

Dit maak meer sin as mens dit sien. Onder is 'n paar voorbeelde.

samestelling via Polyvore



Friday

Amper terug werk toe


So jy is amper oppad terug werk toe en voel ewe skielik of jy niks het om aan te trek nie …

Dis dalk tyd om voorraadopname te doen van wat in jou kas is om te sien waarmee jy het om te werk voordat jy na die winkels storm en onnodig geld uitgee.

Begin om te kyk watter sleutelitems jy het. Jy behoort goed te kan regkom met: 2-3 broeke/rompe (basiese kleure en dalk een helder een om by te meng en pas), 3-4 hemde/toppies (party mouloos en ander met moutjie), 1-2 rokke (net bo die knie, midi of lank), ‘n tussen-in baadjie wat by al die items pas en dan ook 2-3 pare skoene (wighakke is gemaklik en lyk goed by meeste rokke en broeke)

Nou dat jy weet wat in jou kas is behoort jy maklik te kan sien watter items jy kort. Wees slim as jy gaan inkopies doen – kyk na goeie kwaliteit materiaal wat nie maklik kreukel nie, kyk na die wasinstruksies en pas al die items in jou mandjie aan. Die eenstuk/jumpsuit (sien bo van Mr Price) is nou baie gewild. Die lekkerte van die regte eenstuk is dat dit dan die probleem van soek vir nog ‘n broek en top eensklaps oplos. Maak seker die eenstuk pas goed en dat jy dit maklik kan aan en uittrek vir wanneer jy ‘n draai moet loop ;)

Let ook op na die kleur van items sodat jy dit maklik saam met die res van jou kas kan dra. Kleur is een van die maklikste manier om by te bly met die nuutste modegiere veral as jy nie gemaklik voel om die nuutste style en snitte te dra nie.  Wit-en-swart kombinasies is weer groot asook aksente van koraalkleure. Gaan loer in by ‘n paar kostuum-juweelwinkels vir ‘n armband, halsnoer of oorbelle om te sorg vir interessantheid sonder om baie geld te spandeer.  Ander goed wat jou voorkoms in ‘n kits kan afrond is ‘n mooi handsak, ‘n lip- of naelkleur wat die items in jou kas (en jou gelaat) komplimenteer of ‘n stylvolle sonbril.

Laat sny sommer jou hare se punte (of waag dit dalk met ‘n nuwe haarstyl) of  koop ‘n nuwe parfuum en jy’s reg om die 2015 aan te vat!

*Sien bo vir 'n paar items as inspirasie 


Tuesday

monotoon mode

Die swart-en-wit kleurkombinasie sal altyd 'n wenner bly. Weereens te sien op die internasionale loopplanke en orals in die winkels. Kyk uit vir interessante etniese & geometriese patrone en die immer gewilde strepe.


Sunday

mode-inkopieblaaie

Slangvel-inkopieblad vir hom en haar soos vir City Press se iMagazine van Sondag 24 Maart

Leer-inkopieblad vir hom en haar soos vir City Press se iMagazine van Sondag 26 Mei

Khaki/kamoefleer-inkopieblad vir hom en haar soos vir City Press se iMagazine van Sondag 23 Junie

Friday

denim bly 'n gunsteling

prentjiemooi via Polyvore

elke jaar maak denim weer 'n draai op die loopplanke. Of jy hou van donker of ligte denim, 'n hemp, rompie of jou staatmaker jean, almal het 'n gunsteling denim-item in sy kas.

dra dit saam met room en natuurlike bykomstigehede vir 'n gesofistikeerde maar steeds informele en gemaklike voorkoms.

speel daarmee om jou moue/pype effens op te rol of om jou denimhemp tot bo toe te knoop.

lank leef denim :)


Monday

mode-inkopieblaaie vir hom en haar

Naweekmode inkopieblad vir hom en haar soos in City Press se iMagazine Sondag 14 April

Swart-op-swart inkopieblad vir hom en haar soos in City Press se iMagazine Sondag 21 April

Friday

inkopieblaaie


Hier is twee van die inkopieblaaie wat ek onlangs gedoen het. Die eerste een is vir die Herfs-uitgawe van  Medi-Clinic se tydskrif, Family. Die ander een is vir die Herfs-uitgawe van Sun International se tydskrif, Prive.




Thursday

jy is in vir 'n shopping spree :)



Spree.co.za is Suid-Afrika se eerste e-modewinkel wat in samewerking met tydskrifte (GRAZIA, Fairlady, Sarie, Huisgenoot, Drum, Truelove & You) begin is.

Ek hou van die wenke/kommentaar wat die moderedakteurs van die verskillende tydskrifte op al die items wat te koop is lewer.  Hulle stel ook ander items voor wat goed sal werk saam met die item waarna jy kyk.





Daar is ‘n wye verskeidenheid van rokke, tops, broeke, baadjies, skoene en bykomstighede van bekende ontwerpers soos: Christopher Strong, Fred Tsuya, G Gouture, Habits, Jo Borkett,  Michelle Ludek, Slick, Selfi, Tiaan Nagel en meer.

Aflewering oral in Suid-Afrika is verniet (terme en voorwaardes geld) en jy kan dit ook teen geen koste terugstuur binne 30 dae as jy nie tevrede is nie.

Gaan loer 'n bietjie, daar is baie mooi goed!

Topshop nou oop in V&A Waterfront







ek was gisteraand by die launch van die nuwe Topshop in die V&A Waterfront bygewoon. Die winkel maak vandag oop. Dis modern, goed uitgelê en lekker groot. Daar is klere en bykomstighede vir mans
en vroue. Die style sluit super modern maar ook klassiek in.

een van die hoogtepunte vir my is dat hulle ook inkopies saam met 'n personal shopper bied - teen geen ekstra koste. Jy en jou vriendin kan gaan of as jy hulp nodig het om te pak vir 'n vakansie of om 'n kapsule-klerekas bymekaar te sit vir werk.

so as jy weer by die V&A Waterfront kom, gaan maak beslis 'n draai.


Tuesday

rooi bly mooi

Prentjiemooi via Polyvore

Die rooi lip kom altyd weer terug en is volgens my net so tydloos soos 'n klassieke swart nommertjie in jou klerekas. Daar is baie weergawes van die rooi lip - helder, donker, blink, matt. Dit kan 'n stylvolle uitrusting perfek afrond of 'n vervelige pakkie lewe gee. As jy 'n rooi lip wil dra, hou die res van jou grimering eenvoudig sodat dit nie met mekaar kompeteer nie. Hou jou lipstiffie en 'n handspieeltjie byderhand om seker te maak jou rooi lip bly mooi rooi. Ek is seker daarvan as 'n vrou rooi lipstiffie dra dit sommer haar dag ophelder en haar meer selfvertroue gee. Maak ook seker jy gee iemand 'n soen op die wang ;) Geniet!

Monday

emerald

emerald


Ek is mal oor Pantone se kleur vir 2013! So vars en vol lewe. Koop gerus vir jou 'n nommertjie of bykomstighede in hierdie jaar se gewildste kleur.

Friday

shopping is my cardio

wen met goud hierdie Somer

Goud is een van my gunsteling kleure! Dit pas by meeste ander kleure en kan 'n uitrusting van informeel na smart neem in 'n kits. Maak nie saak hoe jy dit dra hierdie Somer nie, maak seker jy het ietsie goud in jou kas :)
Prentjiemooi via Polyvore

Tuesday

inkopie-blaaie

Hier's weer 'n paar inkopie-blaaie wat ons bymekaar gesit het met modegiere vir die Somer soos in City Press Sondagkoerant se tydskrif, iMagazine.

iShop vir haar Sondag 11 November

iShop vir hom Sondag 11 Nov

iShop vir haar Sondag 18 November

iShop vir hom Sondag 18 November

Wednesday

oorspronklik*

hoeveel fun moet dit nie wees om name soos hierdie uit te dink vir naelkleure nie :)
Gaan loer gerus op essie se website om te kyk watter ander oorspronklike name daar is.
love dit!

Prentjiemooi via Polyvore

Monday

oulike wenke vir as jy weer 'n tassie moet pak


dis movember :)

Ons het dit so geniet om hierdie blad bymekaar te sit vir My Tyd/Rapport se stylblad van Sondag 4 November. Al die snorretjies - te oulik!

Movember stylblad My Tyd/Rapport Sondag 4 November 2012



Tuesday

natuurlik & vars

Prentjiemooi via Polyvore

Spuit ‘n hitte-werende (beskermende) haarsproei aan jou nat hare. Blaas jou hare droog. Gebruik ‘n ronde borsel vir ekstra volume as jy fyn hare het wat maklik plat val.
Borsel en bekyk jou wenkbroue. Pluk waar nodig
Vryf ‘n tikkie dagroom (verkieslik met SPF in) oor jou hele gesig.
Sit verbloemer (concealer) op enige kolletjies/merkies en vryf liggies met jou ringvinger
Wend jou onderlaag eweredig aan oor jou hele gesig en vryf liggies in met jou vingers of grimeerkassie met sirkelbewegings onder jou ken om te voorkom dat die onderlaag ‘n lyn hier vorm
Gebruik ‘n kwassie wat jy in ‘n bietjie gesigpoeier gedruk het en vee liggies oor jou hele gesig.
Gebruik ‘n ooghaarkruller en krul jou ooghare.
Kies die oogskadu waarvan jy hou. Sit die ligste kleur oor jou hele ooglid, die medium kleur oor die onderste helfde en gebruik ‘n donker skakering op die deel net onder die been van jou oogkas. Gebruik ‘n ‘blender brush’ en maak klein sirkelbewegings om die kleure in mekaar te laat vloei.
Gebruik ‘n oogpotlood om op die boonste (en onderste) ooglig ‘n dun lyntjie te trek. Jy kan ook ‘n dun kwassie en ‘n donker oogskadu gebruik vir ‘n sagter voorkoms.
Wend jou maskara aan met stadige opwaartse bewegings. Hou dit lig en fyn vir die dag en dikker/swaarder vir die aand.
Gebruik ‘n groot blosserkwas en wend blosser aan. Om vorm te gee aan jou wangbene, fokus op die area net onder jou wangbeen tussen jou oor en mond.
Nou vir ‘n tikkie natuurlike lipstiffie/lipglans om jou grimering af te rond.

Kam jou hare uit en maak jou paadjie op die plek waar jy dit wil hê. Gebruik ‘n haartang (straighter) en stadige afwaartse bewegings om jou hare reguit te maak. Gee weer een vinnige blaas met die haardroër vir 'n natuulike voorkoms en spuit ‘n bietjie haarsproei op jou hand en werk deur jou hare.

En siedaar – natuurlik en vars.

Ken jy Dry Shampoo Spray? Dis fantasties! Jy spuit dit aan jou hare en kam deur. Dit raak onstlae van olierigheid. So kan jy maklik ‘n was oorslaan en jou hare lyk net so goed soos gister. Die Baptiste een (soos hierbo) is by Click beskikbaar in ‘n verskeidenheid geure.

Wednesday

Mooi het slim planne

Huisgenoot Mooi Somer 2012 is vandag uit :)

Dis propvol mode- en skoonheidswenke. Ek hou daarvan omdat dit so prakties is - die wenke is realisties en maklik om te volg. Hulle wys jou hoe om met 'n klein verandering op jou beste te lyk hierdie seisoen. Koop hom sommer nou.

Maak die beste van (en aanvaar) jou lyf en vier jou bates - die lewe is kort.

Huisgenooi Mooi Somer 2012

Thursday

tyd vir 'n pedi

Prentjiemooi via Polyvore



Die winter is amper verby en dis tyd om weer ooptoon-skoene en sandale te dra. Sit jou beste voetjie voor hierdie somer sonder om skaam te wees vir droë hakke en gechipte toonnaels.

Gaan vir ‘n lekker pedikuur of doen dit sommer self. Só maak jy:
1. Gooi ‘n bietjie badskuim or foot soak (Sally Hansen se Revitalising Foot Soak is heerlik) in ‘n kom/bad louwarm water en week jou voete daarin vir ‘n paar minute
2. Gebruik ‘n lekker sout or suiker scrub (probeer The Body Shop se Peppermint Cooling Pumice Foot Scrub) en maak sirkel bewegings oor jou hele voet, enkel en onderbeen. Fokus veral op jou hakke en rondom jou enkels om ontslae te raak van al die dooie velletjies.
3. Droog jou voete af met ‘n sagte handdoek.
4. Haal naellak op jou tone deeglik af.
5. Gebruik ‘n houtstokkie met ‘n skerp punt om jou toonnaels se velletjies terug te druk, gebruik ‘n naelknipper of klein skêrtjie om die velletjies af te knip indien nodig.
6. Sit ‘n bietjie olie op die velletjies (NSI se Nuture Oil is amazing) en laat dit intrek.
7. As jou toonnaels lank is, gebruik ‘n naelknipper om hulle te knip en vyl bietjie om hulle mooi af te rond. Indien jou toonnaels nie baie lank is nie, vyl tot netjies. Onthou om slegs in een rigting te vyl, dit voorkom dat jou naels verswak.
8. Gebruik ‘n growwe skuurder en skuur jou hakke totdat hulle oral glad en sag voel. Skuur ook ander areas waar die vel dalk hard geword het.
9. Nou is dit tyd vir invryf. Gebruik ‘n body/foot butter (produkvoorstel: The Body Shop se Africa Honey & Beeswax Hand & Foot Butter). Vryf jou voete jou voete, enkels en sommer tot by jou knieë lekker in.
10.Teen die tyd is jou tone se velletjies lekker sag. Gebruik ‘n bietjie asetoon en vee elke toon af om van die olierigheid ontslae te raak.
11. Kies ‘n helder somerkleur naellak (soos Essie se Carousel Coral of Miami Nice). Verf eers al jou tone met ‘n kleurlose onderlaag, daarna 2 lae van die kleur en rond af met ‘n kleurlose lagie top coat. As jy het, spuit met quick-dry sproei.
12. Dis belangrik om vir ten minste ‘n uur versigtig te wees met jou voete sodat die naellak behoorlik kan droog word.
13. En siedaar – mooi voetjies vir die Somer!

Friday

nog 'n bietjie neon

Neon is 'n vuurwarm gier op die oomlik - loer bietjie hier vir 'n bietjie mode- en dekorinspirasie*

stylblad My Tyd/Rapport 6 Oktober 2012

Tuesday

neon is nou

neon

neon by prentjiemooi via Polyvore

Meeste van ons is maar bietjie skrikkerig vir die nuutste neon gier :) veral as jy nie daarvan hou om aandag te trek nie. As jy steeds met hierdie gier wil eksperimenteer, stel ek voor jy kies jou gunsteling neon-kleur en kombineer dit met een 'n neutrale stukke in jou kas - so kan jy nie verkeerd gaan nie. Neon pas goed by kleure soos wit, swart en stone. Of kies vir jou 'n bykomstigheid in neon om jou voorkoms/uitrusting in 'n kits op te dateer.
Geniet!




Wednesday

mooi rokke by die Emmy awards

'n Mooi aandrok bly darem maar enige meisie se droom. Partykeer wens ek daar was meer geleenthede om sulke skeppings heen te dra.

Hier is 'n paar rokke soos by die Emmy awards 2012 - so mooi!

ment & meermin - foto: hellomagazine.com

kanarie en neon - foto: bobbie.com

in rooi getooi - foto:handbagsandhandguns.com

grys en neutraal - foto: sydnestyle.com