Thursday

tyd vir 'n pedi

Prentjiemooi via Polyvore



Die winter is amper verby en dis tyd om weer ooptoon-skoene en sandale te dra. Sit jou beste voetjie voor hierdie somer sonder om skaam te wees vir droë hakke en gechipte toonnaels.

Gaan vir ‘n lekker pedikuur of doen dit sommer self. Só maak jy:
1. Gooi ‘n bietjie badskuim or foot soak (Sally Hansen se Revitalising Foot Soak is heerlik) in ‘n kom/bad louwarm water en week jou voete daarin vir ‘n paar minute
2. Gebruik ‘n lekker sout or suiker scrub (probeer The Body Shop se Peppermint Cooling Pumice Foot Scrub) en maak sirkel bewegings oor jou hele voet, enkel en onderbeen. Fokus veral op jou hakke en rondom jou enkels om ontslae te raak van al die dooie velletjies.
3. Droog jou voete af met ‘n sagte handdoek.
4. Haal naellak op jou tone deeglik af.
5. Gebruik ‘n houtstokkie met ‘n skerp punt om jou toonnaels se velletjies terug te druk, gebruik ‘n naelknipper of klein skêrtjie om die velletjies af te knip indien nodig.
6. Sit ‘n bietjie olie op die velletjies (NSI se Nuture Oil is amazing) en laat dit intrek.
7. As jou toonnaels lank is, gebruik ‘n naelknipper om hulle te knip en vyl bietjie om hulle mooi af te rond. Indien jou toonnaels nie baie lank is nie, vyl tot netjies. Onthou om slegs in een rigting te vyl, dit voorkom dat jou naels verswak.
8. Gebruik ‘n growwe skuurder en skuur jou hakke totdat hulle oral glad en sag voel. Skuur ook ander areas waar die vel dalk hard geword het.
9. Nou is dit tyd vir invryf. Gebruik ‘n body/foot butter (produkvoorstel: The Body Shop se Africa Honey & Beeswax Hand & Foot Butter). Vryf jou voete jou voete, enkels en sommer tot by jou knieë lekker in.
10.Teen die tyd is jou tone se velletjies lekker sag. Gebruik ‘n bietjie asetoon en vee elke toon af om van die olierigheid ontslae te raak.
11. Kies ‘n helder somerkleur naellak (soos Essie se Carousel Coral of Miami Nice). Verf eers al jou tone met ‘n kleurlose onderlaag, daarna 2 lae van die kleur en rond af met ‘n kleurlose lagie top coat. As jy het, spuit met quick-dry sproei.
12. Dis belangrik om vir ten minste ‘n uur versigtig te wees met jou voete sodat die naellak behoorlik kan droog word.
13. En siedaar – mooi voetjies vir die Somer!

No comments:

Post a Comment