Tuesday

natuurlik & vars

Prentjiemooi via Polyvore

Spuit ‘n hitte-werende (beskermende) haarsproei aan jou nat hare. Blaas jou hare droog. Gebruik ‘n ronde borsel vir ekstra volume as jy fyn hare het wat maklik plat val.
Borsel en bekyk jou wenkbroue. Pluk waar nodig
Vryf ‘n tikkie dagroom (verkieslik met SPF in) oor jou hele gesig.
Sit verbloemer (concealer) op enige kolletjies/merkies en vryf liggies met jou ringvinger
Wend jou onderlaag eweredig aan oor jou hele gesig en vryf liggies in met jou vingers of grimeerkassie met sirkelbewegings onder jou ken om te voorkom dat die onderlaag ‘n lyn hier vorm
Gebruik ‘n kwassie wat jy in ‘n bietjie gesigpoeier gedruk het en vee liggies oor jou hele gesig.
Gebruik ‘n ooghaarkruller en krul jou ooghare.
Kies die oogskadu waarvan jy hou. Sit die ligste kleur oor jou hele ooglid, die medium kleur oor die onderste helfde en gebruik ‘n donker skakering op die deel net onder die been van jou oogkas. Gebruik ‘n ‘blender brush’ en maak klein sirkelbewegings om die kleure in mekaar te laat vloei.
Gebruik ‘n oogpotlood om op die boonste (en onderste) ooglig ‘n dun lyntjie te trek. Jy kan ook ‘n dun kwassie en ‘n donker oogskadu gebruik vir ‘n sagter voorkoms.
Wend jou maskara aan met stadige opwaartse bewegings. Hou dit lig en fyn vir die dag en dikker/swaarder vir die aand.
Gebruik ‘n groot blosserkwas en wend blosser aan. Om vorm te gee aan jou wangbene, fokus op die area net onder jou wangbeen tussen jou oor en mond.
Nou vir ‘n tikkie natuurlike lipstiffie/lipglans om jou grimering af te rond.

Kam jou hare uit en maak jou paadjie op die plek waar jy dit wil hê. Gebruik ‘n haartang (straighter) en stadige afwaartse bewegings om jou hare reguit te maak. Gee weer een vinnige blaas met die haardroër vir 'n natuulike voorkoms en spuit ‘n bietjie haarsproei op jou hand en werk deur jou hare.

En siedaar – natuurlik en vars.

Ken jy Dry Shampoo Spray? Dis fantasties! Jy spuit dit aan jou hare en kam deur. Dit raak onstlae van olierigheid. So kan jy maklik ‘n was oorslaan en jou hare lyk net so goed soos gister. Die Baptiste een (soos hierbo) is by Click beskikbaar in ‘n verskeidenheid geure.

No comments:

Post a Comment