Thursday

goue reëls vir die appelfiguur

  1. Maak seker jou hou die detail in jou klere en juwele bo die bors-area en onder die heuplyn, so lei jy die aandag weg van jou middellyf.
  2. Probeer ten alle tye om jou bolyf langer en slanker te laat lyk.
  3. Kies klere wat gemaak is van materiale wat goed hang en wat nie aan jou lyf kleef nie. Vermy dik materiale en breistowwe wat onnodig volume aan jou figuur gee.
  4. Dra donker kleure bo en ligter kleure onder en lei sodoende die aandag weg van jou bolyf.
  5. Interessante bykomstighede is ‘n appelfiguur se beste vriendin. Gebruik dit om aandag te trek op die regte plekke soos in punt 1 genoem.
*Môre volg die moets vir appelfiguur.

No comments:

Post a Comment