Die goue reëls vir die peerfiguur:
- Probeer altyd om balans te skep tussen jou bo- en onderlyf deur jou skouers, bors- en middellyf-areas te beklemtoon.
- Dra ligter klere bo en donker kleure onder om so die aandag op jou bolyf te fokus.
- Vermy broeke met details op die sakke, want dit sal die heup-area beklemtoon en groter laat vertoon.
- Gebruik laag-op-laag (layering) om aandag op jou bolyf te vestig met interessante kledingstukke met verskillende motiewe en detail.
- Probeer om nooit ‘n baadjie of tops te kies wat eindig op die breedste punt van jou heupe nie, dit sal net onnodig aandag soontoe trek.
- Kies broeke en rompe wat gemaak is van materiale wat goed hang en wat nie te veel detail en tekstuur het nie.
- Wanneer jy ‘n jas of baadjie koop, kies een wat goed pas oor jou skouers. Jy kan altyd die onderste knope los dra of die jas oopknoop as dit effe styf sit om die heup-area.
Môre volg die moets vir peerfiguurtipe.
No comments:
Post a Comment