Tuesday

inkopie-blaaie

Nog 'n paar iShop-blaaie soos in iMagazine saam met die City Press-koerant was Sondag 9 & 16 September.


Matric dance iShop page for her 9 September 2012

Matric dance iShop for him 9 September 2012

Making a mint for her 16 September 2012

Working the field for him 16 September 2012

Monday

sonbrilletjies

Hierdie tyd van die jaar raak 'n mens lus vir 'n nuwe sonbril. Die nuutste in sonbrilmodes is die 50's cat eye en die 70's se ronde-raam. Of jy nou besluit op 'n goedkoop of duur sonbril, waag 'n bietjie en kies iets wat in 'n kits jou voorkoms update sonder moeite. 'n Meisie het 'n sonbril of twee nodig as deel van haar bykomstighede die seisoen.

As jy gaan sonbril-shopping, loer bietjie by Mr Price, Mango, YDE en Sunglass Hut*

Prentjiemooi via Polyvore

Thursday

jy kan wen :)




Om te wen, beantwoord een van die vrae hieronder. Stuur jou antwoord en kontaknommer na prentjiemooi@webmail.co.za

Vraag 1: 
Wat is volgens jou die modegier van alle tye 
– iets wat altyd weer terugkom – ‘n regte ‘classic’.

Vraag 2: 
Wie dink jy is die mode-ikoon van alle tye 
en hoekom hou jy van haar styl?


Wat behels die prys?
Inkopies saam met Prentjiemooi | 2-3 ure
Ons ontmoet by die inkopiesentrum van jou keuse en bespreek jou klerekasbehoeftes & begroting. Saam maak ons ‘n lysie en vaar dan die winkels in! Ons soek kledingstukke & bykomstighede wat by jou styl- en figuurtipe pas en in die kleure wat jou komplimenteer.
*Jy betaal self vir jou inkopies en is ook verantwoordelik vir enige omruiling of terugneem van items.
**Ongelukkig slegs vir inwoners van die Wes-Kaap


Wednesday

mint is mooi

Mint is orals in die winkels - skoene, rokkies, handsakke, toppies, juwele... Dis beslis 'n groot modegier vir Lente/Somer. Dra dit saam met ander pastelkleure vir 'n sagte vroulike voorkoms of saam met ander skakerings van mint vir 'n dromerige koel voorkoms. Maak seker jy 'n 'n tikkie mint in jou kas hierdie seisoen.

Prentjiemooi via Polyvore

Thursday

Sit jou beste handjie voor


Kyk 'n slag mooi na jou hande. Is jou vel droog, naels gechip, velletjies ingeskeur? Dalk is dit tyd vir 'n bietjie hand-TLC? Ek het onlangs nsi (Nail Systems International) se nuture oil ontdek. Net 'n paar druppels 'n dag laat jou naels versorg en gevoed lyk. Dis 'n mengsel van 5 versagters en Vitamiene C & E. Die olie help om jou nael se velletjies te voed, sag te hou en op die selfde tyd ook selvernuwing aan te help. Die olie het 'n sagte druiwereuk en trek vinnig in.



Kombineer hierdie roetine met 'n goeie handeroom elke dag vir heerlike sagte, versorgde hande. Probeer gerus Sally Hansen se Nails & Cuticles Hand Creme (shea butter) of Charlotte Rhys se hand cream (under the leaves). 'n Slim keuse vir die somertyd is die The Body Shop se Wild Rose Hand Cream SPF 15.


Rond jou hande af met een van die nuutste naelkleure soos essie'sn hieronder (somerkleure van links: Cascade Cool, Fear Or Desire, Mojito Madness, Off the Shoulder, All Tied Up en Bikini So Teeny.


Monday

Elle loves being a woman


Saterdag het ek en my sussie die Elle Loves being a woman funksie by Val de Vie bygewoon – en wat ‘n treat was dit nie :)

Asanda en Tarryn – mode redakteurs van Elle het ons deur ‘n paar van die grootste modegiere vir Lente/Somer 2012 gepraat.



Pastelle – enige kombinasie van pastelkleure werk, sag & vroulik

Kuns – satynrokkies is groot met ‘n print/kunswerk oor die hele rokkie

Sport – met neon aksente, stukke gemaak van mesh en wetsuit materiale

Tropies – enige stuk met palms/tropiese tema. Dra tropies op tropies of saam met iets effekleur

Friday

Zara nou ook in die Kaap

Zara het vandag in die V&A Waterfront oopgemaak:)

Ek was een van die gelukkiges wat gister ‘n draai by die nuwe winkel kon maak. Wow! Meer as 1400 vierkante meter van pure plesier.

Daar is vroue-, mans- en kinderafdeling. Die reekse getuig van die nuutste modes en word beklemtoon deur die nuwe winkeluitleg en  voorkoms.










Die Somerversameling vir vroue bestaan uit kledingstukke gemaak van satyn en sjiffon met ‘n definitiewe vloei en vroulike eienskap. Hierdie stukke maak dit maklik om elegant te lyk sonder moeite. Verskillende materiaal-kombinasies, ontwerpe wat die vroulike vorm beklemtoon (veral die peplum-styl) en krale- en metaaldetails is groot nuus.










Baadjies met sakdoekdetail  en gekleurde chinos/kortbroeke is die grootste modegiere vir mans. Stukke work gemaak van gesofistikeerde linne en katoenmateriale. Kleure wissel van sorbet-tone tot donkerblou en wit.





Die kinderreeks is uiters gesofistikeerd en regtig cute. Hekelwerk, denim, en kleurvolle broeke en bedrukte T-hemde is net ‘n paar van die modegiere.


Ek weet nie van jou nie, maar ek kan nie wag vir my eerste inkopie-uitstappie by Zara nie!



Wednesday

inkopie-blaaie


Soos belowe, hier is nog 'n paar iShop-blaaie wat ek en Megan bymekaar gesit het vir iMagazine wat elke Sondag saam met die City Press-koerant verskyn.

Ek werk op die oomblik aan konsepte vir mode-blaaie vir Lente 2012. Enjoy :)

Big night iShop page for her 1 July 2012

Fairway fashion iShop page for him 1 July 2012

Blue print iShop page for her 22 July 2012

Home on the range iShop page for him 22 July 2012

African queen iShop page for her 29 July 2012

Lazy days iShop page for him 29 July 2012

Monday

koop aanlyn


Ken julle die Sarie.com Winkel? Dis Sarie se aanlyn-winkel waar jy van die nuutste mode-items kan koop. Dit word by jou huis afgelewer binne 48 uur :) 

Ek hou ook veral daarvan dat hulle jou inlig oor die nuutste mode-tendense en jou dan ook wys hoe om dit te dra. Klik op die aanlyn-tydskrif vir oulike features soos ontwerper van die maand, hoe om ‘n spesifieke mode-item te dra, mode-idees & planne met bykomstighede tot ‘n maak-dit-self seksie.
Gaan loer gerus - die winter-uitverkoping duur nog tot Donderdag 12 Julie. Ontwerpers sluit in: Black Coffee, Desray, Habits, KLÛK CGDT, Lunar, Miss Jones, Sissy Boy, Errol Arendz, Yolandi van Niekerk, Mielie en nog vele meer.



Wednesday

oulike idee met juwele

ek hou baie van hierdie idees om jou juwele te bêre - of eintlik uit te stal :) dit maak dit ook baie makliker om bykomstighede te kies as jy hulle kan sien



inkopie-blaaie

Dis vreeslik lekker vir my en Megan om hierdie iShop-blaaie bymekaar te sit vir iMagazine wat elke Sondag saam met die City Press-koerant verskyn.

Ons werk op die oomblik aan die volgende shoots, wys hulle binnekort vir julle :)

Miami Nice iShop page for him 19 Feb 2012

Graphics iShop page for her 19 Feb 2012


Silver iShop page for her 26 Feb 2012

Cricket iShop page for him 26 Feb 2012

Golden Delicious iShop page for her 1 Apr 2012

Moody Blues iShop page for him 1 Apr 2012

Sheer iShop page for her 8 Apr 2012

Two tone iShop page for him 8 Apr 2012

Fuchia Fever iShop page for her 24 Jun 2012

Date Night iShop page for him 24 Apr 2012