Ek was een van die gelukkiges wat gister ‘n draai by die nuwe winkel kon maak. Wow! Meer as 1400 vierkante meter van pure plesier.
Daar is vroue-, mans- en kinderafdeling. Die reekse getuig van die nuutste modes en word beklemtoon deur die nuwe winkeluitleg en voorkoms.
Die Somerversameling vir vroue bestaan uit kledingstukke
gemaak van satyn en sjiffon met ‘n definitiewe vloei en vroulike eienskap.
Hierdie stukke maak dit maklik om elegant te lyk sonder moeite. Verskillende
materiaal-kombinasies, ontwerpe wat die vroulike vorm beklemtoon (veral die
peplum-styl) en krale- en metaaldetails is groot nuus.
Baadjies met sakdoekdetail en gekleurde chinos/kortbroeke is die grootste modegiere vir
mans. Stukke work gemaak van gesofistikeerde linne en katoenmateriale. Kleure
wissel van sorbet-tone tot donkerblou en wit.
Die kinderreeks is uiters gesofistikeerd en regtig cute.
Hekelwerk, denim, en kleurvolle broeke en bedrukte T-hemde is net ‘n paar van
die modegiere.
Ek weet nie van jou nie, maar ek kan nie wag vir my eerste
inkopie-uitstappie by Zara nie!
No comments:
Post a Comment