Skielik is dit koud en nat en beslis tyd om 'n trui te dra (of te gaan koop indien jy nog nie het nie). Kies 'n styl waarin jy gemaklik voel. As jy vinnig warm kry of benoud voel, bly maar weg van polonek- en rolnek-truie. Pas ook altyd die trui aan en maak seker die wol voel sag teen jou vel en laat jou nie jeuk nie. Onthou om die wasinstruksies sodat jou trui sy vorm behou en langer mooi bly.
Tuesday
Friday
mal oor Marsala
Die Pantone kleur van die jaar is die mooie Marsala.
Binnekort sal hierdie kleur sal te sien wees op lippe, oe, naels, skoene, klere, mure, materiale en op meubelstukke. Daar is ook ‘n element van rykheid wat my opgewonde maak oor Marsala. Dink ook aan verskillende teksture en skakerings. Dadelik kom edelgesteentes, groot korrel rooidruiwe, wyn en speserye by my op …
Binnekort sal hierdie kleur sal te sien wees op lippe, oe, naels, skoene, klere, mure, materiale en op meubelstukke. Daar is ook ‘n element van rykheid wat my opgewonde maak oor Marsala. Dink ook aan verskillende teksture en skakerings. Dadelik kom edelgesteentes, groot korrel rooidruiwe, wyn en speserye by my op …
Die moontlikhede is baie, so speel rond
met hierdie opwindende kleur in 2015.
![]() |
| Prentjiemooi via Polyvore |
Tuesday
modegier: sneakers
Die sneaker/stylized tennis shoe modegier is hier! Ja, jy
het reg gehoor – dis okay om tekkies en jeans te dra ;) , maar nie op die 90’s-manier nie. Gaan loer gerus by sportskoenwinkels in. Jy sal verbaas wees oor
die verskeidenheid en detail wat beskikbaar is.
Hierdie modegier is goeie nuus vir vroue wat hou van
gemaklik maar tog interessante skoene. Ek dink tog dis een waaroor jy mal gaan
wees of nie. Of dalk bloot ‘n bonus as jy net opsoek is na ‘n mooi paar
gymskoene.
Indien jy wel besluit om hierdie gier te volg is die
belangrikste dat jy jou paar sneakers reg kies (en dan reg dra). Daar is nie
baie reëls
nie – jy kan jou nuwe paar sneakers dra saam met ‘n rokkie, jeans, ‘n kortbroek,
eenstuk of romp. As ek hierdie modegier moet opsom is daar basies een van 2
maniere om dit vir jou te laat werk: jy kan jou sneakers met jou uitrusting koördineer
of glad nie. Vir eersgenoemde sal jy byvoorbeeld ‘n geel toppie of horlosie dra
by jou sneakers wat ‘n geel strepie in het. Vir die ander opsie sal jou sneaker
die fokus-item wees. As jy na jouself in die spieël kyk, is die sneaker amper die
eerste ding wat jy sien. Die sneaker pas ook in meeste gevalle glad nie by die
kleure of tema van jou uitrusting nie.
Dit maak meer sin as mens dit sien. Onder is 'n paar voorbeelde.
![]() |
| samestelling via Polyvore |
Friday
Amper terug werk toe
So jy is amper oppad terug werk toe en voel ewe skielik of
jy niks het om aan te trek nie …
Dis dalk tyd om voorraadopname te doen van wat in jou kas is
om te sien waarmee jy het om te werk voordat jy na die winkels storm en onnodig
geld uitgee.
Begin om te kyk watter sleutelitems jy het. Jy behoort goed
te kan regkom met: 2-3 broeke/rompe (basiese kleure en dalk een helder een om
by te meng en pas), 3-4 hemde/toppies (party mouloos en ander met moutjie), 1-2
rokke (net bo die knie, midi of lank), ‘n tussen-in baadjie wat by al die items
pas en dan ook 2-3 pare skoene (wighakke is gemaklik en lyk goed by meeste
rokke en broeke)
Nou dat jy weet wat in jou kas is behoort jy maklik te kan
sien watter items jy kort. Wees slim as jy gaan inkopies doen – kyk na goeie
kwaliteit materiaal wat nie maklik kreukel nie, kyk na die wasinstruksies en
pas al die items in jou mandjie aan. Die eenstuk/jumpsuit (sien bo van Mr
Price) is nou baie gewild. Die lekkerte van die regte eenstuk is dat dit dan
die probleem van soek vir nog ‘n broek en top eensklaps oplos. Maak seker die
eenstuk pas goed en dat jy dit maklik kan aan en uittrek vir wanneer jy ‘n
draai moet loop ;)
Let ook op na die kleur van items sodat jy dit maklik saam met
die res van jou kas kan dra. Kleur is een van die maklikste manier om by te bly
met die nuutste modegiere veral as jy nie gemaklik voel om die nuutste style en
snitte te dra nie. Wit-en-swart
kombinasies is weer groot asook aksente van koraalkleure. Gaan loer in by ‘n
paar kostuum-juweelwinkels vir ‘n armband, halsnoer of oorbelle om te sorg vir
interessantheid sonder om baie geld te spandeer. Ander goed wat jou voorkoms in ‘n kits kan
afrond is ‘n mooi handsak, ‘n lip- of naelkleur wat die items in jou kas (en
jou gelaat) komplimenteer of ‘n stylvolle sonbril.
Laat sny sommer jou hare se punte (of waag dit dalk met ‘n nuwe
haarstyl) of koop ‘n nuwe parfuum en
jy’s reg om die 2015 aan te vat!
*Sien bo vir 'n paar items as inspirasie
*Sien bo vir 'n paar items as inspirasie
Thursday
Tuesday
monotoon mode
Die swart-en-wit kleurkombinasie sal altyd 'n wenner bly. Weereens te sien op die internasionale loopplanke en orals in die winkels. Kyk uit vir interessante etniese & geometriese patrone en die immer gewilde strepe.
Monday
Sunday
mode-inkopieblaaie
Friday
denim bly 'n gunsteling
![]() |
| prentjiemooi via Polyvore |
elke jaar maak denim weer 'n draai op die loopplanke. Of jy hou van donker of ligte denim, 'n hemp, rompie of jou staatmaker jean, almal het 'n gunsteling denim-item in sy kas.
dra dit saam met room en natuurlike bykomstigehede vir 'n gesofistikeerde maar steeds informele en gemaklike voorkoms.
speel daarmee om jou moue/pype effens op te rol of om jou denimhemp tot bo toe te knoop.
lank leef denim :)
Tuesday
gatsby inspired
Monday
mode-inkopieblaaie vir hom en haar
Friday
inkopieblaaie
Hier is twee van die inkopieblaaie wat ek onlangs gedoen het. Die eerste een is vir die Herfs-uitgawe van Medi-Clinic se tydskrif, Family. Die ander een is vir die Herfs-uitgawe van Sun International se tydskrif, Prive.
Thursday
jy is in vir 'n shopping spree :)
Spree.co.za is Suid-Afrika se eerste e-modewinkel wat in
samewerking met tydskrifte (GRAZIA, Fairlady, Sarie, Huisgenoot, Drum, Truelove
& You) begin is.
Ek hou van die wenke/kommentaar wat die moderedakteurs van
die verskillende tydskrifte op al die items wat te koop is lewer. Hulle stel ook ander items voor wat
goed sal werk saam met die item waarna jy kyk.
Daar is ‘n wye verskeidenheid van rokke, tops, broeke,
baadjies, skoene en bykomstighede van bekende ontwerpers soos: Christopher
Strong, Fred Tsuya, G Gouture, Habits, Jo Borkett, Michelle Ludek, Slick, Selfi, Tiaan Nagel en meer.
Aflewering oral in Suid-Afrika is verniet (terme en
voorwaardes geld) en jy kan dit ook teen geen koste terugstuur binne 30 dae as
jy nie tevrede is nie.
Gaan loer 'n bietjie, daar is baie mooi goed!
Topshop nou oop in V&A Waterfront
ek was gisteraand by die launch van die nuwe Topshop in die V&A Waterfront bygewoon. Die winkel maak vandag oop. Dis modern, goed uitgelê en lekker groot. Daar is klere en bykomstighede vir mans
en vroue. Die style sluit super modern maar ook klassiek in.
een van die hoogtepunte vir my is dat hulle ook inkopies saam met 'n personal shopper bied - teen geen ekstra koste. Jy en jou vriendin kan gaan of as jy hulp nodig het om te pak vir 'n vakansie of om 'n kapsule-klerekas bymekaar te sit vir werk.
so as jy weer by die V&A Waterfront kom, gaan maak beslis 'n draai.
Tuesday
rooi bly mooi
![]() |
| Prentjiemooi via Polyvore |
Die rooi lip kom altyd weer terug en is volgens my net so tydloos soos 'n klassieke swart nommertjie in jou klerekas. Daar is baie weergawes van die rooi lip - helder, donker, blink, matt. Dit kan 'n stylvolle uitrusting perfek afrond of 'n vervelige pakkie lewe gee. As jy 'n rooi lip wil dra, hou die res van jou grimering eenvoudig sodat dit nie met mekaar kompeteer nie. Hou jou lipstiffie en 'n handspieeltjie byderhand om seker te maak jou rooi lip bly mooi rooi. Ek is seker daarvan as 'n vrou rooi lipstiffie dra dit sommer haar dag ophelder en haar meer selfvertroue gee. Maak ook seker jy gee iemand 'n soen op die wang ;) Geniet!
Monday
emerald
Ek is mal oor Pantone se kleur vir 2013! So vars en vol lewe. Koop gerus vir jou 'n nommertjie of bykomstighede in hierdie jaar se gewildste kleur.
Friday
wen met goud hierdie Somer
Tuesday
inkopie-blaaie
Hier's weer 'n paar inkopie-blaaie wat ons bymekaar gesit het met modegiere vir die Somer soos in City Press Sondagkoerant se tydskrif, iMagazine.
Wednesday
oorspronklik*
hoeveel fun moet dit nie wees om name soos hierdie uit te dink vir naelkleure nie :)
Gaan loer gerus op essie se website om te kyk watter ander oorspronklike name daar is.
love dit!
Gaan loer gerus op essie se website om te kyk watter ander oorspronklike name daar is.
love dit!
![]() |
| Prentjiemooi via Polyvore |
Subscribe to:
Posts (Atom)




























