Friday

vir die manne

Meeste van julle het seker al 'n man in julle lewe (jou man, jou boyfriend, jou Pa, jou broer of 'n vriend) gehelp met sy klerekas, om 'n uitrusting bymekaar te sit of om 'n slag van sy ou klere uit te gooi.

Anders as vir ons, is klere-inkopies nie juis 'n gunsteling tydverdryf vir mans nie (daar is natuurlik uitsonderings). Die meerderheid waarvan ek weet se vrou of Ma doen hulle klere-inkopies. Daar is gewoonlik 2 sulke inkopie-sessies 'n jaar  vir somer- en winterklere.

Ek het al soms gewens dat klere-inkopies en aantrek vir my ook so maklik kon wees soos vir my man. Dit lyk mos asof hulle net die eerste beste hemp en broek in hul kas aantrek en siedaar... Tog dink ek dat 'n man met 'n goed beplande klerekas en spesifieke styl uitstaan tussen ander.

Mans kan ook geklassifiseer word volgens styltipes & liggaamsvorms. Sekere kleure en bykomstighede werk definitief ook beter by sekere mans. Hoe meer ingelig hulle is, hoe makliker is dit vir hulle om in die oggend aan te trek   en wie weet, dalk begin hulle ook meer van klere-inkopies hou as hulle weet waarvoor om te kyk...

So, oor die volgende 2 weke gaan ek fokus op die manne en hoe jy hulle kan help om op hulle beste te lyk.

No comments:

Post a Comment