Meeste mans sal jou 'n snaakse kyk gee as jy vir hulle vra watter styltipe hulle is - "Huh? Styltipe?" Dit kan aantrek en klerekoop baie makliker maak as die klere in hul kas as 'n eenheid saamwerk. Hier is 'n paar vrae om die manne te help om hul styltipe te identifiseer:
- wat dra jy werk toe? en as jy by die huis is?
- hoe sal jy jou styl beskryf?
- gebruik jy enige velsorg- of haarprodukte?
- wat is jou gunsteling item in jou klerekas?
- hoe spandeer jy jou naweke/vakansies/aandjie uit?
Die Kreatiwe styltipe man sal elke dag anders aantrek en baie klere in sy kas hê. Hy sal ook redelik in detail sy styl aan jou kan verduidelik. Kledingstukke wat uniek is sal sy aandag trek. Hy sal ook maklik eksperimenteer met 'n nuwe haartyl of selfs 'n ander haarkleur.
'n Dramatiese styltipe man hou daarvan om aandag te trek en hou daarvan om bekende handelsmerke te dra. Hy hou ook van klere-inkopies doen en sy kas is vol van die nuutste style. Sy hare sal 'n definitiewe styl hê.
Die Klassieke styltipe man is konserwatief en tradisioneel en hou nie van helderkleurige klere nie. Hy glo in seker style en handelsmerke en hou daarby. Sy voorkoms is netjies, maar nie altyd 'veilig'.
'n Romantiese styltipe man hou daarvan om sy klerekas te koordineer. Daar is baie verskillende teksture en style in sy kas. Hy sal ook graag met velsorg en haarprodukte eksperimenteer.
Vir die Natuurlike styltipe man is gemak baie belangrik. Jeans, T-hemde en tekkies is die sleutelitems in sy kas. Die nuutste haarstyl en velsorgprodukte is glad nie vir hom 'n prioriteit nie.
Die Filmster/internasionale styltipe man kan dit regkry om al die bogenoemde styltipes te kombineer. Hy lyk altyd reg aangetrek vir die geleentheid en plek waar hy homself bevind. Om slim klere-keuses te maak is vir hom maklik en hy kan deur net 1 of 2 dinge aan sy voorkoms te verander vinnig heeltemal anders lyk. Hy is goed versorg.
Meer detail oor elke styltipe volg.
No comments:
Post a Comment