Elke vrou het ‘n mooi rokkie of twee (of drie) in haar kas nodig.
Tina Gerber en Erna Lourens het onlangs hul ontwerpersbesigheid, BENDIGA House of Design, se eerste somerreeks bekendgestel. Die reeks getuig van skoon geometriese lyne en hul liefde vir kleur. Die rokkies is geskik vir geleenthede soos troues en skemerkelkies. Jy kan dit ook meng en pas met eenvoudige bykomstighede vir ‘n dag by die kantoor.
Die ontwerpe is interessant en stylvol en is beskikbaar in groottes 30–38. Die kombinasie van mooi materiaal met details soos pêrels en kant maak elke rokkie spesiaal.
Gaan loer op hulle webwerf www.bendiga.co.za of vind hulle op Facebook vir meer inligting.
KOMPETISIE
Jy kan ‘n rokkie van BENDIGA House of Design wen!
Beantwoord die volgende vraag:
Waar is BENDIGA House of Design se somerreeks tans beskikbaar?
Waar is BENDIGA House of Design se somerreeks tans beskikbaar?
Stuur die antwoord, jou kontakdetails en grootte na prentjiemooi@webmail.co.za
Die wenner sal Donderdag 22 Desember aangekondig word.
*Prys kan vir geld verruil word nie. Posgeld ingesluit.
No comments:
Post a Comment