Thursday

Stylvol vir minder



Kies jou klere reg en spaar so ‘n paar rand. Goedkoop koop is nie altyd die goedkoopste nie. Hier is ‘n paar wenke om jou te help met jou keuse wanneer jy weer klere inkopies doen:

* Loer op die etiket in die nek of kant van die item om te sien van watter material die kledingstuk gemaak is. Wees versigtig vir materiale wat maklik uitrek of wat wolletjies maak.
* Let ook op of die item spesiale versorging nodig het – soos droogskoonmaak, apart was ens. As jy nie tyd het daarvoor nie of nie self jou wasgoed doen nie, dink twee keer voor jy die item koop.
* Dop die item om en kyk of dit goed afgewerk is en stewig is rondom die nate waar daar spanning gaan wees (soos onder die arms of rondom die heuparea). Let ook op of items soos rompies en rokkies gevoer is en nie deurskyn nie.
* As die item reg pas sal jy outomaties meer gemaklik en vol selfvertroue wees as jy dit dra. Snaaks genoeg is die item wat die beste pas nie altyd die duurste een nie. In so ‘n geval kan jy dit selfs oorweeg om 2 van dieselfde items (dalk in verskillende kleure) te koop.
* Kies kledingstukke met skoon lyne en klassieke snitte – veral as jy wil belê in ’n duurder item. Sulke items kan jy jaar na jaar dra.
* Dink soos ‘n stilis – rol ’n slag jou moue of pype op, slaan jou hemp se kraag op of eksperimenteer met ’n laag-op-laag voorkoms. Só herondek jy dalk ‘n hele paar items in jou kas.

No comments:

Post a Comment