Dis eintlik so maklik om uit te vind watter kleure bymekaar werk - kyk net rondom jou in die natuur. Na 'n onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin het ek opnuut besef hoe mooi Suid-Afrika is. Die tonele wat voor ons afgespeel het was asemrowend en die treffende kombinasie van kleure het my bly opval. Ek het rondgespeel met van ons foto's om 'n paar kleurpalette saam te stel. Kyk net hoe mooi werk hierdie kleure saam in die uitrustings onder.
No comments:
Post a Comment