Deur reg aan te trek, kan jy baie 'figuurfoute' verbloem.
Hier is 'n paar wenke:
Breë skouers: dra V-nek tops of lang kettings om die aandag weg te lei van die skouers
Smal skouers: dra bootnek tops, of tops met skouerkussings of pofmoue om 'n horisontale lyn oor die skouers te vorm en volume te gee aan jou bolyf
Klein borste: dra tops of met plooie, sakke of strikkies - dit sal volume gee aan die borsarea
Groot borste: dra oorvou tops of rokke om die borsarea te verdeel en kleiner te laat lyk
Vol arms: dra tops met los moue sodat dit die ware grootte verbloem
Breë middel: dra 'empire'-styl rokke en tops om so te fokus op die slankste deel van die bolyf
Wye heupe: dra broeke wat effe uitklok na onder - so balanseer jy die heupe met die onder-been
Geen heupe: dra broeke met kantsakke om meer volheid rondom die heupe te gee
Groot boude: dra wye-pyp broeke wat die aandag sal weglei en sal balanseer met die groter bo-bene
Jy kan ook kleur gebruik om figuurfoute te verbloem. Dra een kleur van kop tot toon vir 'n baie verslankende effek of dra donker kleure op die dele van jou lyf wat jy wil verbloem.
No comments:
Post a Comment