Tuesday

Pak lig vir jou volgende vakansie

As ek moet eerlik wees, sien ek meestal op daarna om my tas te pak vir ‘n vakansie – veral as die kattebak reeds vol is of as my reisplanne behels dat ek my eie tas moet dra. Dis moeilik om te besluit wat om te los en wat om te vat. Wat ek dan gewoonlik doen om dinge vir myself makliker te maak, is om te dink wat my vakansieplanne behels en om vooraf uit te vind hoe die weer gaan lyk.

Ek was onlangs vir ‘n week met vakansie en het myself verbaas met my ligte, praktiese tas. Sien onder ‘n voorstel vir ‘n liggewig vakansietas vir ‘n week.


Dag 1:    8 + 10 + 12
Dag 2:    1 + 7 + 9 + 13
Dag 3:    6 + 3 + 2 + 10 + 11
Dag 4:    6 + 5 + 9 + 13
Dag 5:    7 + 2 + 10 + 12
Dag 6:    8 + 7 + 9 + 13
Dag 7:    6 + 3 + 4 + 10 + 12

Ook in jou tas: onderklere vir elke dag, ‘n stel nagklere, grimeersakkie, toiletware en parfuum.

No comments:

Post a Comment