Die bekende mode-blogger Bryan Boy na wie die internasionale ontwerper Marc Jacobs ‘n handsak vernoem het, is volgende week in Suid-Afrika.
Hy kom oorhandig die Best Fashion Blogger Toekenning by hierdie jaar se Marie Claire Prix d'Excellence de la Mode Toekennings op 31 Augustus in Johannesburg.
Marie Claire en Sunglass Hut ondersteun SA se plaaslike blogger-gemeenskap en die impak wat hulle op mode het en het dus besluit om saam te span om Bryan Boy hierheen te bring. Hy bied ook 2 informele seminare (Johannesburg 30 Augustus en Kaapstad 2 September) aan terwyl hy hier is en sal op dieselfde dae die Sandton en V&A Waterfront Sunglass Hut-winkels besoek.
Hou Sunglass Hut SA Facebook & Twitter en die Marie Claire blog dop om kaartjies te wen na hierdie ekslusiewe geleentheid.
No comments:
Post a Comment