images via Polyvore |
Maak seker die handsak wat jy wil koop het genoeg pakplek vir al die goed wat jy elke dag nodig het. Let ook op dat dit 'n goed afgewerk is en nie enige fabrieksfoute het nie. Neem jou lewensstyl in ag - as jy baie in die winkels is, werk toe stap/fietsry of klein kindertjies het, oorweeg dalk 'n handsak met 'n skouerband sodat jy albei jou hande kan gebruik. As jy in die winkel staan, kyk vir jouself in die spieël en kyk hoe die handsak by jou lyk. Dra dit oor jou skouer en voel of dit gemaklik is. Dink ook aan die kleur klere wat jy in jou kas het en of die handsak by meeste daarvan sal werk - dis veral belangrik as jy in 'n duurder handsak wil belê.
Nou dat jy die nuwe handsak het, gooi 'n bietjie jou ou ene uit en raak ontslae van al die onnodige items (jy sal verbaas wees oor wat jy alles opgaar). Pak jou nuwe handsak sodat jy maklik by jou beursie, sleutels en goed wat jy baie gebruik kan uitkom.
'n paar slim items om in jou handsak te hou:
- klein naaldwerkstel vir 'n noodgeval
- klein pakkie wipes/waterless hand cleaner
- 'n pakkie kougom/asemverfrisser
- hoofpynpille
No comments:
Post a Comment