Ek het vandag ‘n grimeerles by Tygervallei se Bobbi Brown bygewoon. ‘n Spesiale dankie aan Vee, Robyn J en Robyn S wat die les met soveel entoesiasme en kundigheid aangebied het.
Hulle het begin om ons te vertel van die Bobbi Brown velsorgreeks.
Die volgende paar produkte het vir my uitgestaan:
Cleansing Oil: ‘n 2-in-1 formule wat sagkens van grimering ontslae raak sonder om die vel uit te droog. Dis nie te olierig nie en laat jou vel sag voel.
Intensive Skin Supplement: dis ‘n serum wat help om die voorkoms van die vel te verbeter deur die tekens van ouderdom te voorkom. Jy sit dit voor jou vogroom aan en dit vorm die basis van jou grimeerroetine. Dit kan ook in die aand voor jou nagroom aangewend word vir verdere resultate.
Lip Balm: Met 15 SPF en ‘n spesiale formule wat koringkiem en olyfolie bevat, is hierdie ‘n moet vir enige lippe. Dit beskerm en maak jou lippe heerlik sag.
Na ons oog- en vogroom (wat beide hul eie ‘primer’ bevat) aangewend het, het ons begin met die grimering-deel van die les.
Ons het die volgende produkte gebruik en Bobbi se 10-step beauty gevolg
Creamy Concealer Kit
Tinted Moisturizer
Foundation Stick
Bronzing Powder
Pot Rouge for lips & cheeks
Eye Shadow
Long-Wear Cream Shadow
Long-Wear Gel Eyeliner
Extreme Party Mascara
Lip Colour
Shimmer Lip Gloss
Bobbi Brown takke bied gereeld grimeerlesse aan en ek sal dit beslis aanbeveel. Hou gerus jou naaste tak dop vir meer inligting of besoek www.bobbibrown.co.za
No comments:
Post a Comment