Ek is seker party van julle weet waarvan ek praat? Dan is dit tyd om ‘n slag jou grimeersakkie uit te pak en reg te ruk:
- Pak al die items in jou grimeersakkie op ‘n tafel uit. Bedek eers die oppervlak met ‘n ou handdoek of handdoekrol sodat jy nie op die tafel mors nie.
- Bekyk elke item en let op ‘n vervaldatum. Gebruik die riglyne onder as jy onseker is of nie meer die vervaldatum op die item kan sien nie.
- Soos jy deur al die items gaan, gebruik sommer ‘n ‘wet wipe’ (die met tree tree-olie werk goed en raak ook ontslae van bakterieë) om hulle af te vee. Verwyder doppies waar nodig en vee ook die rand van die botteltjie/houertjie af.
- Dis ook ‘n goeie tyd om jou grimeerborsels- en kwassies skoon te maak. Gebruik louwarm water en baba-shampoo. Hou die kwassie met die hare na onder om te keer dat dit vorm verloor en was sagkens. Maak seker jy was al die seep uit en droog af met ‘n sagte droë lappie. Los om natuurlik droog te word. Maak seker die kwassie is heeltemal droog voor jy dit weer gebruik of terugpak in jou grimeersakkie.
- Gooi ‘n slag al die vuil sponsies weg en vervang met nuwes.
- Was of vee jou grimeersakkie uit en hang buite om droog te word. As jy dink dis tyd vir ‘n nuwe een, kies een wat gemaak is van ‘n wasbare materiaal of wat uitgevoer is met plastiek sodat jy dit maklik kan uitvee.
- Maskara moet elke 3 maande vervang word
- Vloeibare onderlaag elke 6-8 maande
- Poeier (los of kompak), oogskadu, blosser, lipstiffie en lipglanse elke jaar
- Oog- en lipomlyners elke 18 maande
Probeer om jou grimeersakkie so eenvoudig as moontlik te hou sodat jy nie hoef rond te krap om iets te kry nie.
*Voorstel: 1 x onderlaag, 1 x verbloemer, 1 x poeier, 1 x maskara, 1 x oogskadu-stel, 1 x blosser, 1 x oogpotlood, 2 lipstiffies, 1 lipglans
Foto: iStockphoto.com
No comments:
Post a Comment