Thursday

Styltipe 4: Natuurlik


Hou jy van klere wat gemaak is van natuurlike materiale soos wol, katoen en linne? Verkies jy eenvoudige handgemaakte juwele, leerskoene en –handsakke?

Jou klere is gemaklik, prakties en sonder tierlantyntjies. Jou styl word nie bepaal deur die nuutste modes nie en jy hou ook nie daarvan om ure in die winkels deur te bring nie?

Die basis van jou klerekas bestaan uit denims, linnebroeke & -baadjies, katoen hemde & woltruie? Hierdie is almal kenmerke van die natuurlike styltipe.

*Sien meer voorbeelde van hierdie styltipe onder.

No comments:

Post a Comment